9 mense in Atteridgeville doodgeskiet

Loading player...
Nege mense is Sondagaand in die Jeffsville-nedersetting in Atteridgeville, Pretoria, doodgeskiet. Die polisie is vanoggend in kennis gestel en het ses mans en drie vroue met skietwonde aangetref in 'n informele woning. Die motief is onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die Gautengse polisie het Misdaadintelligensie en die opsporingspan gemobiliseer en die eenheid vir Ernstige en Geweldsmisdade ondersoek die voorval:
16 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA motorbedryf vind nuwe markte in Afrika

Die ekonoom Duma Gqubule sê Suid-Afrika se motorbedryf vind nuwe markte op die vasteland, met voertuig-uitvoere na Afrika wat verlede jaar met 36,4-persent toegeneem het - van 26 200 tot 35 371 eenhede. Afrika is die bedryf se tweede grootste uitvoerbestemming en verantwoordelik vir motoruitvoere van 49,5-miljard Suid-Afrikaanse rand, hoofsaaklik…
16 Nov 10AM 1 min

Namibië 'moet groen-nywerhede van grond af ontwikkel'

Namibië het ’n unieke geleentheid om homself vir ’n skoner industriële toekoms te posisioneer deur van meet af aan laekoolstofnywerhede te ontwikkel. Die land is gekies om deel te neem aan die Climate Investment Funds se program vir industriële ontkoling, wat toegang tot tot 250 miljoen Amerikaanse dollar aan finansiering…
16 Nov 10AM 1 min

Beleide moet in aksie omgesit word: NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah daag ministers in die streek uit om beleidsverpligtinge in konkrete aksie om te sit. Sy sê sterker samewerking is nodig om georuimtelike tegnologie beter te benut, klimaatsverandering aan te pak en natuurlike hulpbronne doeltreffender te bestuur. Haar boodskap is vanoggend deur landbouminister Inge Zaamwani by die 14de…
16 Nov 9AM 1 min

Moenie Stampriet-akwifeer opoffer vir korttermyn-wins: kenner

Die Economic and Social Justice Trust kritiseer die voorgestelde in situ-loging van uraan in die Stampriet-artesiese bekken en waarsku dat dit die belangrike ondergrondse waterbronne onomkeerbaar kan besoedel. Trustee Herbert Jauch sê water is die grondslag van lewe in ’n droë streek. Hy doen ’n beroep op die regering om…
16 Nov 9AM 1 min