
Bitterwasser lok weer internasionale sweefvlieëniers
Loading player...
Bitterwasser in die Kalahari lok dié somer weer sweefvlieëniers van regoor die wêreld, veral Europa. Hulle reis tussen November en Januarie na Namibië om van die uitstekende sweefvliegtoestande gebruik te maak. Die gebied is wêreldbekend vir sy sterk termiese lugstrome, wat sweefvliegtuie in staat stel om groot afstande sonder enjinkrag af te lê. Vlugte van meer as duisend kilometer is nie ongewoon nie. Rainer Hog, besturende direkteur van Bitterwasser Lodge en Vliegsentrum, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

