
Swaar reën en koeler weer op pad
Loading player...
Ná reën en donderbuie in die Kavango-streke word verspreide donderbuie vandag in die noordooste en sentrale dele verwag. Die reën sal môre weswaarts uitbrei, met hewige en wydverspreide donderstorms wat teen Woensdag oor die noordelike, sentrale en suidelike dele sal toeneem. Weerkundige Albertina Anderson sê die //Kharas-streek kan Donderdag en Vrydag swaar reën verwag. Die huidige uiterste hitte in dele van die land sal ook teen Vrydag plek maak vir koeler weer:

