
Fitch hou Namibië se kredietgradering in rommelstatus
Loading player...
Namibië se kredietgradering bly onveranderd op BB-, met Fitch Ratings wat die land vir die negende agtereenvolgende jaar in rommel-status hou. Die graderings-agentskap sê olie- en gas-eksplorasie bied wel groei-potensiaal, maar die momentum het verlangsaam terwyl daar op finale beleggingsbesluite gewag word. TotalEnergies se finale besluit oor die Venus-olieprojek word nou eers teen die einde van die eerste kwartaal volgende jaar verwag. Intussen het Cirrus Capital 'n verslag vrygestel waarin die regering se hantering van onderhandelinge met TotalEnergies onder die loep geneem word. Cirrus-ekonoom Ida Williams het die kwessie met KosmosKapitaal bespreek:

