
Aanklagte teen Johnson, Khan 'baie ernstig', sê Vervolgingsgesag
Loading player...
Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die aanklagte teen die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, en die gewese adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, is baie ernstig. Die twee is Vrydag in die Pretoriase landdroshof borgtog van 10 000 rand elk toegestaan. Een van die ernstigste bewerings is ʼn aanrading- en intimidasie-aanklag in 2018 waarby Khan betrokke is. Die NVG-woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê Johnson, het na bewering sonder toestemming inligting aan Khan bekendgemaak, en albei se doel was om vervolging teen Khan te keer:

