
Noord-Korea sit dalk agter Binance-kuberaanval
Loading player...
Binance, die wêreld se grootste kripto-beurs, is besig met ʼn reuse-opknapping van sy sekuriteit nadat kuberkrakers by sy digitale beursies ingebreek en sowat 104,77-miljard-rand gesteel het. Dit word beskryf as die grootste diefstal in die geskiedenis. Volgens ʼn aanvanklike ondersoek het die diewe deur ʼn ingenieur se skootrekenaar toegang tot ʼn dienshouer gekry en ongemagtigde onttrekking-transaksies ingedien. Kenners het Noord-Korea as die moontlike skuldige geïdentifiseer. Binance se mede- uitvoerende hoof, Richard Teng, glo meer as een kuberkraker was by die “ingewikkelde aanval” betrokke:

