Cirrus Capital waarsku oor impak van repo-koersverhoging op landbou

Loading player...
Die Bank van Namibië het Woensdag die repokoers met 25 basispunte tot 7 persent verhoog, die hoogste sedert die begin van 2025. Die skuif beteken die prima-uitleenkoers van plaaslike handelsbanke styg van 10,25 persent tot 10,5 persent. Die besluit is veral slegte nuus vir die land se landbousektor, wat reeds deur 'n bek-en-klouseeruitbreking gekniehalter word, sê Deon Gous, 'n ontleder by Cirrus Capital.

Vir meer oor hierdie en ander sake-nuus stories, besoek die Kosmos Kapitaal Facebook-blad.
29 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kaapstadse burgemeester vra taxileiers om te help om geweld te beëindig 

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het 'n vlaag taxi-verwante skietvoorvalle wat sedert gister in Delft, Khayelitsha, Mfuleni en Gugulethu voorgekom het, veroordeel. Die Metro-polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het op verskeie voorvalle gereageer. Die Stad doen ook 'n beroep op enigiemand met inligting oor die skietvoorvalle om dit anoniem…
29 Oct 3AM 1 min

NamPol vra hulp om jeugmisdaad hok te slaan  

NamPol se Zambezi-streekbevelvoerder, kommissaris Julia Sakuwa-Neo, sê wetstoepassing alleen kan nie jeugmisdaad in Katima Mulilo stop nie. Met verwysing na ’n toename in bendegeweld en rooftogte in brandpunte soos Choto en Cowboy, sê sy aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar nie genoeg personeel is om elke straathoek te patrolleer nie…
29 Oct 3AM 1 min

Verskeie gebiede in Tshwane kry dalk waterbeperkings weens druk op stelsel  

Die Stad Tshwane sê hy gaan voort met waterbeperkings, Met hoë verbruik wat druk op die stelsel plaas. Hoewel sommige reservoirs 'n effense verbetering getoon het, bly ander steeds laag of leeg. Gebiede soos Ga-Rankuwa, Louwlardia, Winterveld, Mooikloof en Queenswood bly onder druk, terwyl ander gebiede ook moontlik beperkings sal…
29 Oct 2AM 1 min