
SA Polisie verwelkom nuwe adviesraad om polisiehervormings te rig
Loading player...
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die eerste werksessie van die Nasionale Polisie-adviesraad verwelkom. Die raad sal help om polisiebeleid en hervormings te rig. Die raad, wat uit 14 lede bestaan, sal die minister en die nasionale polisiekommissaris van raad bedien oor maniere om die polisiediens te verbeter. Die woordvoerder vir die ministerie van Polisie, Kamogelo Mogotsi, sê dringende hervormings is nodig te midde van hoë misdaadvlakke en kommer wat by die Madlanga-kommissie uitgespreek is wat die publiek se vertroue in die polisie verswak het:

