Die PDM-parlementslid Diederik Vries het in die parlement kennis gegee van vrae oor die regering se rekord in die implementering van beleid en die lewering van tasbare ontwikkelingsresultate aan Namibiërs. Vries sal die vrae volgende week aan die minister in die Presidensie, Charles Mubita, voorlê, midde kommer oor die voortdurende…
Angola se uitnodiging aan Namibië om aandeelhouding in die beplande 6,6 miljard Amerikaanse dollar Lobito-olieraffinadery te verkry, lok debat uit oor Namibië se langtermynstrategie vir brandstofsekuriteit. Daar is vrae oor of die land voorkeur moet gee aan die bou van sy eie raffinadery, of eerder in ’n raffinadery in die…
Die Amerikaanse middeltermyn-verkiesings vind volgende week plaas en daar word wyd gespekuleer oor die uitslag daarvan. Die voormalige Amerikaanse diplomaat en politieke ontleder Brooks Spector sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Demokrate het 'n voordeel omdat president Donald Trump se gewildheid baie laag is.
Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, doen ’n beroep dat vroue selfstandig moet lei en werklike besluitnemingsmag moet hê, sonder dat mans namens hulle praat of besluite neem. Hy het dit onlangs gesê tydens die opening van die driedaagse Vrouekonferensie van die Demokratiese Unie van Afrika, wat…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, is bekommerd oor Israelse setlaargeweld en -uitbreiding aan die Wesoewer. Dit volg nadat Israel die gebied afgesper het ná ʼn dodelike aanval op sy soldate in Hebron. Die Israelse inval het die sloping van huise en handels-eiendomme ingesluit, asook beperkings op beweging, wat…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.