
Vroue moet self lei, besluite neem: Venaani
Loading player...
Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, doen ’n beroep dat vroue selfstandig moet lei en werklike besluitnemingsmag moet hê, sonder dat mans namens hulle praat of besluite neem. Hy het dit onlangs gesê tydens die opening van die driedaagse Vrouekonferensie van die Demokratiese Unie van Afrika, wat deur die PDM aangebied is.

