
Omgewingministerie vorder goed met Etosha-heining-projek
Loading player...
Die omgewingministerie vorder met sy meerjarige projek om Etosha Nasionale Park se noordelike heining teen 2030 volledig te herbou en te elektrifiseer. Woordvoerder Vilho Angula sê dat 35 kilometer voltooi is, insluitend 29,6 kilometer net vanjaar. Die werk het 'n begroting van 8 miljoen Namibiese dollar vir die jaar om stropery te bekamp en te voorkom dat diere na naburige gemeenskappe uitbreek. Dit verskaf ook tydelike werk aan 75 plaaslike inwoners. Angula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

