
Kernwaghond wil Iran se kernaanlegte inspekteer
Loading player...
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê daar is ʼn dringende behoefte dat internasionale inspekteurs volgens die waarborg-ooreenkoms oor nie-verspreiding van kernwapens verifikasie-toegang kry tot Iran se kernaanlegte. Die kern-waghond sukkel om inligting te bekom oor Teheran se kernmateriaal, soos sy voorraad hoogs verrykte uraan. Die agentskap se direkteur-generaal, Rafael Grossi, maan Iran om geleidelik tegniese maatreëls te oorweeg om die toestande te skep sodat inspekteurs kan terugkeer. Hy sê onpartydige tegniese verifikasie is ʼn belangrike deel van internasionale veiligheid:

