ANC uitvoerende komitee besluit oor geskil met Verkiesingskommissie

Loading player...
Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, sê die nasionale uitvoerende komitee sal besluit oor die geskil met die Verkiesingskommissie. Die party het versuim om betyds 181 kandidate te registreer in ses munisipaliteite in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat, en hul name verskyn nou nie op die finale kandidatelyste nie. Die Kieshof het die ANC se aansoek teen die besluit geweier. Ramaphosa sê die party sal die volgende stappe bekend maak:
21 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kaapstadse burgemeester vra taxileiers om te help om geweld te beëindig 

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het 'n vlaag taxi-verwante skietvoorvalle wat sedert gister in Delft, Khayelitsha, Mfuleni en Gugulethu voorgekom het, veroordeel. Die Metro-polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het op verskeie voorvalle gereageer. Die Stad doen ook 'n beroep op enigiemand met inligting oor die skietvoorvalle om dit anoniem…
29 Oct 3AM 1 min

NamPol vra hulp om jeugmisdaad hok te slaan  

NamPol se Zambezi-streekbevelvoerder, kommissaris Julia Sakuwa-Neo, sê wetstoepassing alleen kan nie jeugmisdaad in Katima Mulilo stop nie. Met verwysing na ’n toename in bendegeweld en rooftogte in brandpunte soos Choto en Cowboy, sê sy aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar nie genoeg personeel is om elke straathoek te patrolleer nie…
29 Oct 3AM 1 min

Verskeie gebiede in Tshwane kry dalk waterbeperkings weens druk op stelsel  

Die Stad Tshwane sê hy gaan voort met waterbeperkings, Met hoë verbruik wat druk op die stelsel plaas. Hoewel sommige reservoirs 'n effense verbetering getoon het, bly ander steeds laag of leeg. Gebiede soos Ga-Rankuwa, Louwlardia, Winterveld, Mooikloof en Queenswood bly onder druk, terwyl ander gebiede ook moontlik beperkings sal…
29 Oct 2AM 1 min