IUM se RusNam-sentrum bevorder uitruilings, onderrig

Loading player...
Die stigter van die International University of Management en voorsitter van RusNam, David Namwandi, sê die universiteit brei sy vennootskap met Russiese instellings uit na gesamentlike wetenskaplike navorsing en akademiese uitruilings. Dit volg na drie jaar van suksesvolle Russiese taalonderrig deur die RusNam-sentrum. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus bevestig Namwandi dat die fokus verskuif na navorsing en fakulteitsuitruilings met vennote soos die Perm State Pedagogical University. Namwandi het meer:
18 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fishrot-saak weer sonder toegewyde regter

Waarnemende regter Marelize du Plessis is nie meer by die Fishrot-saak betrokke nie. Die saak sal voortaan deur regters bestuur word wat deur die Regter-president aangestel is, totdat dit gereed is vir verhoor. Regter Eileen Rakow het in Oktober verrigtinge behartig en sal na verwagting op 11 November ’n tussentydse…
29 Oct 10AM 1 min

Konstruksiebedryf hoop op konstruksieraad-stigting

Die konstruksiebedryf is versigtig optimisties dat die langverwagte Wetsontwerp op Konstruksiebedrywe uiteindelik aan die Kabinet se wetgewingskomitee voorgelê sal word. Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Konstruksie industrie-federasie van Namibië, verwelkom die vordering, maar sê dekades se beloftes moet nou in dade omgesit word. Sy sê die wetsontwerp moet aan…
29 Oct 10AM 1 min

Unicef-landsverteenwoordiger Ocran neem afskeid

Unicef het afskeid geneem van die Namibiese landsverteenwoordiger, Samuel Ocran, ná ’n ampstermyn van drie jaar waarin hy op die bevordering van kinderregte, gesondheid en onderwys gefokus het. Ocran, wat deur vennote vir sy voorspraak geprys is, het vertroue uitgespreek in voortgesette sterk samewerking tussen Unicef en die regering. Hy…
29 Oct 10AM 1 min

VSA ekonomie 'kan Demokrate in verkiesing bevoordeel'

Met net ’n week oor voor die Amerikaanse middeltermynverkiesing op 3 November, staar president Donald Trump ’n moeilike politieke landskap in die gesig. Die president van Pathway USA, Dianne Steward, sê ekonomiese kommer kan die Demokrate ’n sterk kans gee om die drie setels te wen wat hulle nodig het…
29 Oct 9AM 1 min

Skole, klinieke bou is staat se werk, nie partye s'n: Nashinge

Leier van die opposisie in die parlement en IPC-woordvoerder Imms Nashinge sê dat staatsbefondsing aan politieke partye bedoel is om hul deelname aan parlementêre demokrasie te ondersteun, nie om skole of klinieke te bou nie. Hy beklemtoon dat die staat verantwoordelik is vir sosio-ekonomiese ontwikkeling deur belastinginkomste te gebruik. Dit…
29 Oct 9AM 1 min