
Konstruksiebedryf hoop op konstruksieraad-stigting
Loading player...
Die konstruksiebedryf is versigtig optimisties dat die langverwagte Wetsontwerp op Konstruksiebedrywe uiteindelik aan die Kabinet se wetgewingskomitee voorgelê sal word. Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Konstruksie industrie-federasie van Namibië, verwelkom die vordering, maar sê dekades se beloftes moet nou in dade omgesit word. Sy sê die wetsontwerp moet aan die parlement voorgelê word vir finale goedkeuring sodat ’n nasionale konstruksieraad uiteindelik tot stand kan kom.

