
Cosatu se verkiesingskongres verval in chaos
Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu se nasionale verkiesingskongres in Midrand, Gauteng, het in chaos verval weens geskille oor geloofsbriewe en die posisie van die federasie se adjunkpresident, Mike Shingange. Sommige geaffilieerde vakbonde, waaronder die Nasionale Mynwerkersvakbond, het geweier om hul lyste van afgevaardigdes vir die konferensie te oorhandig en aangedring op duidelikheid rondom Shingange se status as president van nasionale werkersvakbond Nehawu. Shingange sê hy is vol vertroue dat 'n kompromie bereik sal word.

