
Waterwet maak nie regstelling oor lisensie vereistes nie
Loading player...
AfriForum sê die Nasionale Waterwet maak nie ‘n regstelling op ’n afsonderlike vereiste waaraan voldoen moet word voordat ’n aansoek om ’n waterlisensie oorweeg kan word nie. Die organisasie betwis ’n vereiste op die Departement van Water en Sanitasie se aanlynstelsel wat van aansoekers verwag om aan te toon hoe hul voorgestelde watergebruik, vorige rasse- en geslagsdiskriminasie sal aanspreek. Marais de Vaal van AfriForum sê die vereiste kan belegging, werksgeleenthede en die produktiewe gebruik van water raak:

