
Lynministerie sê oor vertragings in pensioengeld, registrasie
Loading player...
Klagtes oor vertragings met die uitbetaling van oumenspensioen, sowel as vertragings met die registrasie van nuwe begunstigdes, duur voort. Dit kom na rondom 16 000 begunstigdes hulself moes verifieer. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se woordvoerder, Lukas Haufiku, gepraat, wat sê dat daar 'n 60-dae wagtydperk vir nuwe pensioenarisse is, en dat betalings eers begin sodra hulle suksesvol geregistreer is.

