
Warriors sê Rusland die stryd aan
Loading player...
Die Brave Warriors sal op 3 Oktober in Jekaterinburg, Rusland, teen die Russiese nasionale sokkerspan te staan kom in 'n historiese internasionale vriendskaplike wedstryd. Dit sal die eerste keer wees dat die Brave Warriors hul span teen 'n Europese teenstander in 'n onbekende sokkeromgewing toets. Hoofafrigter Collin Benjamin sê dit is 'n waardevolle geleentheid om die span se vaardighede en fisieke vermoëns teen teenstanders hoër op die wêreldranglys te toets.

