Britse regering beplan 14 000 nuwe tronkplekke teen 2030

Loading player...
Brittanje is op hol met die beplande vroeë vrylating van gevangenes om meer plek te maak in tronke regoor die land. Talle het groot kommer, veral slagoffers van huishoudelike geweld. Die land se minister vir slagoffers en die bekamping van geweld teen vroue en meisies Alex Davies-Jones sê daar sal 14 000 nuwe plekke in gevangenisse teen 2030 wees, maar erken dat die regering nie sy pad uit die tronkkrisis kan bou nie.
31 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wandile Sihlobo: SA se AGOA-uitsluiting nie katastrofies nie

Die presidensiële Landbou-gesant, Wandile Sihlobo, sê indien Suid-Afrika toegang tot die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika sou verloor, dit uitdagings vir verskeie landboubedrywe sou skep, maar dit sal nie katastrofies wees nie. Die land was die grootste begunstigde van AGOA, waarkragtens deelnemende lande belastingvrye toegang tot die Amerikaanse…
30 Oct 4AM 1 min

Nekongo prys regering se ekonomiese bestuur

In sy bydrae tot die begrotingsdebat het SWAPO-parlementslid Ephraim Nekongo die regering geprys vir die bestuur van inflasie en die handhawing van 'n positiewe handelsbalans; hy het gesê dit weerspieël 'n duidelike verbintenis tot mense, produktiwiteit en fiskale omsigtigheid. Hy het gister die parlement toegespreek.
30 Oct 4AM 1 min

AfriForum dring aan op daadwerklike optrede teen plaasaanvalle

AfriForum doen 'n beroep op die regering om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar en 'n nasionale strategie in te stel om dit te voorkom. Die beroep volg op Woensdag se aanval op die Noordwes-boer Donovan Marx, wat op wrede wyse aangerand is. AfriForum se Jacques Broodryk sê die owerhede moet…
30 Oct 3AM 1 min

Namibië se ekonomie steeds onder druk ondanks groeivooruitsigte

Die Bank van Namibië waarsku dat bek-en-klouseer, hoër brandstofpryse en ’n groeiende handelstekort die land se ekonomiese herstel kan belemmer, ondanks ’n verwagte toename in ekonomiese groei. Die president van die BoN, Ebson Uanguta, sê Namibië se handelstekort het in die eerste agt maande van vanjaar tot 33,5 miljard Namibiese…
30 Oct 3AM 1 min

Vuurwapenopleiers vra optrede teen taxigeweld in SA

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vuurwapenopleiers het die skietvoorvalle in die Wes-Kaap wat met taxi's verband hou veroordeel. Dit sluit in voorvalle in Somerset-Wes, Khayelitsha, Epping, Delft, Bonteheuwel en Maitland. Mike Mbedzi van die vereniging sê die veiligheid van pendelaars moet 'n prioriteit wees en geskille oor taxiroetes mag nooit tot…
30 Oct 2AM 1 min