
Namibië se ekonomie steeds onder druk ondanks groeivooruitsigte
Loading player...
Die Bank van Namibië waarsku dat bek-en-klouseer, hoër brandstofpryse en ’n groeiende handelstekort die land se ekonomiese herstel kan belemmer, ondanks ’n verwagte toename in ekonomiese groei. Die president van die BoN, Ebson Uanguta, sê Namibië se handelstekort het in die eerste agt maande van vanjaar tot 33,5 miljard Namibiese dollar gestyg, teenoor 17,8 miljard in dieselfde tydperk verlede jaar. Internasionale reserwes het egter teen einde September tot 59,3 miljard Namibiese dollar gestyg, genoeg vir na raming drie tot ses maande se invoer.

