Solidariteit se Afrikaanse universiteit pla Pandor

Loading player...
Die ANC-ringkop en voormalige minister Naledi Pandor is bekommerd oor die nuwe private, eksklusiewe Afrikaanse Akademia-universiteit wat in Pretoria gebou word. Die nuwe kampus word ontwikkel deur 'n vennootskap tussen Solidariteit en Kanton, teen 'n verwagte koste van meer as drie-miljard Suid-Afrikaanse rand. Die universiteit sal voorsiening maak vir 5 000 voltydse voorgraadse studente en 1 500 nagraadse studente. Pandor het in 'n onderhoud met African Renaissance Podcast gesê die stigting van 'n Afrikaanse universiteit is deel van 'n breër politieke en maatskaplike uitdaging:
12 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Nag van bendegeweld in Katutura

Die Copps 94.1-span het Vrydagaand in Windhoek hul hande volgehad na 'n bendegeveg in 'n bekende straat in Katutura losgebars het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was op die toneel en doen verslag:
31 Oct 12AM 1 min

'Interne kartel' sit agter MK-party sekretaris-generaal se afdanking

Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Sibonelo Nomvalo, beweer sy afdanking is deur 'n interne politieke kartel bewerkstellig deur versinde intelligensieverslae te gebruik. Sy verwydering kort voor volgende week se munisipale verkiesing kom te midde van berigte oor verdeelheid binne die party. Die MK het glo ongemagtigde administratiewe besluite as…
30 Oct 11AM 1 min

Nanso het nie Erasmus+-fondse misbruik: EU in Namibië

Die Europese Unie-afvaardiging in Namibië het Nanso vrygespreek van bewerings dat Erasmus+-fondse misbruik is. Die Europese Uitvoerende Agentskap vir Onderwys en Kultuur het sy ondersoek afgehandel en geen bewyse gevind van die misbruik van fondse wat kragtens die SHINE-projek toegeken is nie. Ian Dupont, die EU se waarnemende hoof van…
30 Oct 11AM 1 min

Banke moet moratorium op leningsbetalings instel: BoN

Boere en landbou-ondernemings wat deur bek-en-klouseer en El Niño geraak word, kan aansienlike finansiële verligting ontvang ingevolge ’n nuwe bepaling van die Bank van Namibië. Die sentrale bank se adjunkpresident, Leonie Dunn, sê BID-42 vereis dat kommersiële banke ’n moratorium van tussen een en 24 maande op leningsterugbetalings aan kwalifiserende…
30 Oct 10AM 1 min