Sonsverduistering vandag bekoor die mensdom

Loading player...
Besoekers stroom na dele van Spanje, Ysland en Groenland vir 'n totale sonsverduistering net voor sononder vanaand, terwyl 'n gedeeltelike verduistering oor 'n groot deel van Europa asook in Noord-Afrika en Noord-Amerika sigbaar sal wees. Die jaarlikse Perseid-meteorietreën sal ook vanaand sy hoogtepunt bereik, en in Brittanje is voorbereidings getref vir kyk-byeenkomste, veral in die noorde. SkyNews se Niall Paterson het aan die sterrekundige dr. Jenifer Millard gevra waarom die mensdom so betower word deur wat in ons lugruim aangaan.
11 Aug 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Noord-Korea sit dalk agter Binance-kuberaanval

Binance, die wêreld se grootste kripto-beurs, is besig met ʼn reuse-opknapping van sy sekuriteit nadat kuberkrakers by sy digitale beursies ingebreek en sowat 104,77-miljard-rand gesteel het. Dit word beskryf as die grootste diefstal in die geskiedenis. Volgens ʼn aanvanklike ondersoek het die diewe deur ʼn ingenieur se skootrekenaar toegang tot…
31 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Nag van bendegeweld in Katutura

Die Copps 94.1-span het Vrydagaand in Windhoek hul hande volgehad na 'n bendegeveg in 'n bekende straat in Katutura losgebars het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was op die toneel en doen verslag:
31 Oct 12AM 1 min

'Interne kartel' sit agter MK-party sekretaris-generaal se afdanking

Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Sibonelo Nomvalo, beweer sy afdanking is deur 'n interne politieke kartel bewerkstellig deur versinde intelligensieverslae te gebruik. Sy verwydering kort voor volgende week se munisipale verkiesing kom te midde van berigte oor verdeelheid binne die party. Die MK het glo ongemagtigde administratiewe besluite as…
30 Oct 11AM 1 min

Nanso het nie Erasmus+-fondse misbruik: EU in Namibië

Die Europese Unie-afvaardiging in Namibië het Nanso vrygespreek van bewerings dat Erasmus+-fondse misbruik is. Die Europese Uitvoerende Agentskap vir Onderwys en Kultuur het sy ondersoek afgehandel en geen bewyse gevind van die misbruik van fondse wat kragtens die SHINE-projek toegeken is nie. Ian Dupont, die EU se waarnemende hoof van…
30 Oct 11AM 1 min