Giwusa eis nasionalisering van farmaseutiese bedryf na werksverliese oor tenders

Loading player...
Die algemene werkersvakbond Giwusa eis die onmiddellike nasionalisering van die farmaseutiese bedryf. Pharmaceuticals Made in South Africa het verlede week onthul plaaslike medisynevervaardigers verloor belangrike tenders weens die Departement van Gesondheid se fokus op prys. Dit het die afgelope 18 maande gelei tot die verlies van 2 500 werksgeleenthede. Giwusa-president, Mametlwe Sebei, sê die regering moet regstreekse eienaarskap en beheer van vervaardigingsfasiliteite oorneem om te verseker dat produksie deur maatskaplike behoeftes gedryf word en nie deur private wins nie:
11 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Miljoene noodoproepe na polisie onbeantwoord

AfriForum dring aan op antwoorde van die polisie oor voortdurende tekortkominge in die 10111-noodoproepsentrumstelsel. Die organisasie het ’n formele versoek om inligting ingedien waarin besonderhede gevra word oor oproepe wat onbeantwoord gebly het, personeeltekorte en verouderde tegnologie. Syfers wat voorheen deur die polisie vrygestel is, toon ongeveer 14,9-miljoen noodoproepe het…
31 Oct 2AM 1 min

Noord-Korea sit dalk agter Binance-kuberaanval

Binance, die wêreld se grootste kripto-beurs, is besig met ʼn reuse-opknapping van sy sekuriteit nadat kuberkrakers by sy digitale beursies ingebreek en sowat 104,77-miljard-rand gesteel het. Dit word beskryf as die grootste diefstal in die geskiedenis. Volgens ʼn aanvanklike ondersoek het die diewe deur ʼn ingenieur se skootrekenaar toegang tot…
31 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Nag van bendegeweld in Katutura

Die Copps 94.1-span het Vrydagaand in Windhoek hul hande volgehad na 'n bendegeveg in 'n bekende straat in Katutura losgebars het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was op die toneel en doen verslag:
31 Oct 12AM 1 min

'Interne kartel' sit agter MK-party sekretaris-generaal se afdanking

Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Sibonelo Nomvalo, beweer sy afdanking is deur 'n interne politieke kartel bewerkstellig deur versinde intelligensieverslae te gebruik. Sy verwydering kort voor volgende week se munisipale verkiesing kom te midde van berigte oor verdeelheid binne die party. Die MK het glo ongemagtigde administratiewe besluite as…
30 Oct 11AM 1 min