
TLU SA juig oor uitbreiding van BKS-raad
Loading player...
Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die uitbreiding van die Nywerheidskoördineringsraad wat ʼn belangrike rol speel in die regering se pogings om bek-en-klouseer te hanteer. Twee nuwe lede is op die raad aangestel: doktor Theo de Jager, uitvoerende direkteur van Saai, en die Veeartsnetwerk-direkteur, doktor Danie Odendaal. TLU SA se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê dis ʼn positiewe stap terwyl die land daaraan werk om die siekte te beveg:

