Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die uitbreiding van die Nywerheidskoördineringsraad wat ʼn belangrike rol speel in die regering se pogings om bek-en-klouseer te hanteer. Twee nuwe lede is op die raad aangestel: doktor Theo de Jager, uitvoerende direkteur van Saai, en die Veeartsnetwerk-direkteur, doktor Danie Odendaal. TLU SA se woordvoerder,…
Unam, deur middel van sy Unam Cares-inisiatief, het onlangs 'n One Health in Action-intervensie in Rosh Pinah uitgevoer, met die fokus op menslike gesondheid, dierewelsyn en omgewingsveiligheid. Professor Rachel Freeman, wat die inisiatief lei, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit die voorkoming van soönotiese siektes teiken, tesame met…
NamWater het 'n onderbreking in watervoorsiening vir die Nonidas- en Swakopmund-Rössing gebiede aangekondig vir Woensdag, 5 Augustus, vanaf sesuur in die oggend tot vier-uur namiddag, weens die installering van 'n uitbreiding van die watervoorsiening na die Nonidas-gemeenskap.
Die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau, sê dat hy met die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, saamwerk om toenemende klagtes van werkers by die Naute-besproeiingsplaas aan te spreek. Die klagtes wissel van lae lone en vertraagde salarisse tot onveilige vervoer en swak werksomstandighede. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.