
Werkersklagtes by Naute-besproeiingsplaas aangespreek
Loading player...
Die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau, sê dat hy met die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, saamwerk om toenemende klagtes van werkers by die Naute-besproeiingsplaas aan te spreek. Die klagtes wissel van lae lone en vertraagde salarisse tot onveilige vervoer en swak werksomstandighede. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Nafau se sekretaris-generaal, Jacob Penda, dat 'n vorige ooreenkoms om langdienende seisoenwerkers in permanente seisoenale werknemers te omskep, bedoel was om die weg te baan vir voordele soos pensioene en verbeterde werksomstandighede.

