Is die land in staat om olie en gas in waarde te omskep: Alweendo

Loading player...
Die voormalige minister van mynbou en energie, Tom Alweendo, voer aan dat die belangrikste vraag wat gevra moet word wanneer daar oor die plaaslike olie- en gassektor gepraat word, is of die land oor die finansiële argitektuur, beleidsduidelikheid, toesighoudende gereedheid en institusionele moed beskik om daardie potensiaal in volhoubare nasionale waarde te omskep. Hy het vandag by die Bank van Namibië se olie- en gas seminaar gepraat.
4 Aug 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

TLU SA juig oor uitbreiding van BKS-raad

Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die uitbreiding van die Nywerheidskoördineringsraad wat ʼn belangrike rol speel in die regering se pogings om bek-en-klouseer te hanteer. Twee nuwe lede is op die raad aangestel: doktor Theo de Jager, uitvoerende direkteur van Saai, en die Veeartsnetwerk-direkteur, doktor Danie Odendaal. TLU SA se woordvoerder,…
4 Aug 11AM 1 min

Unam Cares teiken soönotiese siektes, omgewingsgevare

Unam, deur middel van sy Unam Cares-inisiatief, het onlangs 'n One Health in Action-intervensie in Rosh Pinah uitgevoer, met die fokus op menslike gesondheid, dierewelsyn en omgewingsveiligheid. Professor Rachel Freeman, wat die inisiatief lei, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit die voorkoming van soönotiese siektes teiken, tesame met…
4 Aug 11AM 1 min

Water-onderbrekings om Nonidas, Rössing en Ruacana-reservoir

NamWater het 'n onderbreking in watervoorsiening vir die Nonidas- en Swakopmund-Rössing gebiede aangekondig vir Woensdag, 5 Augustus, vanaf sesuur in die oggend tot vier-uur namiddag, weens die installering van 'n uitbreiding van die watervoorsiening na die Nonidas-gemeenskap.
4 Aug 10AM 1 min