
Munisipale elektrisiteit-plan is tydmors: AfriForum
Loading player...
AfriForum doen ʼn beroep op die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika om sy plan oor belangrike prestasie-aanwysers te laat vaar. Hy sê dit sal nie die land se kragverspreidingskrisis in sukkelende munisipaliteite oplos nie. Die plan is daarop gemik om tegniese bestuur en bedryfsaspekte van munisipale elektrisiteit-verspreidingsnetwerke te hanteer, wat tot groter doeltreffendheid in die lewering van elektrisiteit-dienste moet lei. Morné Mostert van AfriForum sê die instelling van bykomende vereistes vir sukkelende munisipaliteite sal nutteloos wees:

