
Vyf vas oor moorde op ANC-, EFF-lede
Loading player...
Die Gautengse taakspan vir politieke moorde het vyf verdagtes vasgetrek in verband met die moorde op die ANC-wyksraadslid vir wyk 10 in die Stad Tshwane, Thabang Masemola, en die EFF-lid Aaron Makola. Twee verdagtes, insluitend die vermeende sluipmoordenaar, is gearresteer vir Masemola se moord in Julie 2025 in Mamelodi-Oos. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê na die ontdekking verlede maand van Makola se liggaam in Delmas, Mpumalanga, is drie verdagtes die naweek aangekeer en aangekla van moord, ontvoering en roof:

