
Verskynsel bo Swakop aanduiding van reuse koue op pad
Loading player...
Video's wat laat Maandagmiddag aan die kus geneem is toon 'n vreemde verskynsel. In sommige video's is 'n rolwolk duidelik sigbaar terwyl video's wat meer binnelands in die woestyn geneem is, meer 'n stofwolk, soos 'n haboob, vertoon. In iedergeval, albei word deur amper dieselfde faktore veroorsaak. Dalende koue lug, lig warm, lug opwaarts en in nat toestande vorm 'n rolwolk terwyl in droë toestande, 'n sandstorm ontwikkel. Die onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema sê dit is 'n aanduiding van 'n koue front wat op pad is en na verwagting teen Sondag of Maandag die kus sal bereik.

