
Verbypad-botsing: Vragmotor-eienaar sê oor bees
Loading player...
Meer inligting is bekend na die noodlottige ongeluk tussen twee Scania-vragmotors op die Westelike Verbypad Maandagoggend. Een bestuurder is op die toneel dood, terwyl twee ander ernstig beseer is. Een vragmotor het ongeveer 100 beeste vervoer en die ander, 'n vrag sapprodukte. Kosmos 94.1 Nuus het met die eienaar van die beesvragmotor, Ruben Koortzen, gepraat, wat sê dat sommige van sy diere steeds in die Khomas-hoogland rondloop en dat die padtoestand met die konstruksie problematies is.

