
Enoch gesels oor fondse vir GBV en vrouemoord
Loading player...
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring sal fondse beskikbaar stel vir die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. Die ANC-vroueliga het gister ʼn plakkaat-betoging buite Nasionale Tesourie se kantoor in Tshwane gehou, en gevra dat hulpbronne dringend toegeken word om geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp. President Cyril Ramaphosa het verlede jaar geslagsgeweld as nasionale ramp verklaar. Godongwana het aan die SABC gesê talle werksrigtings is tans daarmee besig:

