Die sosialemediareus, Meta, het ná ʼn grensverskuiwende hofsaak ingestem om 287,2-miljard Namibiese dollar aan 48 Amerikaanse state te betaal. Hy word beskuldig dat hy doelbewus kenmerke ontwerp het wat kinders verslaaf maak aan sy platforms soos Facebook, Instagram en WhatsApp. As deel van die skikking ontken Meta enige verkeerde optrede…
Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het die registrasiedatum verleng vir plase en voerkrale wat slagvee lewer vir rooivleisuitvoere na die Verenigde Arabiese Emirate. Plase en voerkrale het nou tot 31 Desember om die nodige stelsels te implementeer en te voldoen aan die regulasies van Veeartsenykundige Prosedurele Kennisgewing nommer 59…
Die Suid-Afrikaner, Stals Swart wat sy eerste Sonskyntoer-titel wil wen, loop voor by die Sunbet Challenge Wild Coast in Port Edward in die Oos-Kaap. Hy is na die eerste ronde twee houe voor op ses onder. Agt spelers is gelykop tweede met vier onder baansyfer. Dit sluit die Suid-Afrikaners Rupert…
Die Konstruksie Industrie-federasie en die Metaal- en Geallieerde Namibiese Werkersunie het onderhandelinge oor 'n nuwe kollektiewe ooreenkoms vir 2026 tot 2028 afgehandel, wat voorsiening maak vir 'n 5 persent verhoging in minimumloonkoerse in elk van die eerste twee jaar. Die ooreenkoms verhoog ook die toelaag vir weg van die huis…
Die beweerde misdaadbaas Vusimuzi “Cat” Matlala het aan die Madlanga-kommissie gesê die voormalige Valke-hoof van KwaZulu-Natal, Lesetja Senona, het hom 20 000 Suid-Afrikaanse rand geleen nadat die polisie in Desember 2024 sy huis in Pretoria deursoek het. Volgens Matlala het die polisie daardie maand twee klopjagte uitgevoer en sy fone…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.