Burnham maak groot beloftes

Loading player...
Brittanje se nuwe eerste minister, Andy Burnham, belowe om 'n nuwe politieke en ekonomiese model in te stel wat daarop gemik is om bestendigheid te herstel en openbare vertroue te herbou. In sy eerste toespraak buite Downingstraat 10 het Burnham belowe om openbare dienste te verbeter, meer werksgeleenthede te skep, geestesgesondheidsondersteuning te verbeter en in jongmense te belê. Hy het ook aangekondig sy eerste daad as eerste minister sal wees om haweloosheid aan te pak:
21 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meta skik in reuse-saak in Kalifornië

Die sosialemediareus, Meta, het ná ʼn grensverskuiwende hofsaak ingestem om 287,2-miljard Namibiese dollar aan 48 Amerikaanse state te betaal. Hy word beskuldig dat hy doelbewus kenmerke ontwerp het wat kinders verslaaf maak aan sy platforms soos Facebook, Instagram en WhatsApp. As deel van die skikking ontken Meta enige verkeerde optrede…
27 Aug 3AM 1 min

Registrasie vir SA-produsente vir uitvoer na VAE verleng

Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het die registrasiedatum verleng vir plase en voerkrale wat slagvee lewer vir rooivleisuitvoere na die Verenigde Arabiese Emirate. Plase en voerkrale het nou tot 31 Desember om die nodige stelsels te implementeer en te voldoen aan die regulasies van Veeartsenykundige Prosedurele Kennisgewing nommer 59…
27 Aug 3AM 1 min

Swart vorder goed met eerste Sonskyntoer-titel poging

Die Suid-Afrikaner, Stals Swart wat sy eerste Sonskyntoer-titel wil wen, loop voor by die Sunbet Challenge Wild Coast in Port Edward in die Oos-Kaap. Hy is na die eerste ronde twee houe voor op ses onder. Agt spelers is gelykop tweede met vier onder baansyfer. Dit sluit die Suid-Afrikaners Rupert…
27 Aug 2AM 1 min

CIF sluit ooreenkoms met vakbond

Die Konstruksie Industrie-federasie en die Metaal- en Geallieerde Namibiese Werkersunie het onderhandelinge oor 'n nuwe kollektiewe ooreenkoms vir 2026 tot 2028 afgehandel, wat voorsiening maak vir 'n 5 persent verhoging in minimumloonkoerse in elk van die eerste twee jaar. Die ooreenkoms verhoog ook die toelaag vir weg van die huis…
27 Aug 2AM 1 min

Matlala sê Valke-hoof het hom R20 000 geleen

Die beweerde misdaadbaas Vusimuzi “Cat” Matlala het aan die Madlanga-kommissie gesê die voormalige Valke-hoof van KwaZulu-Natal, Lesetja Senona, het hom 20 000 Suid-Afrikaanse rand geleen nadat die polisie in Desember 2024 sy huis in Pretoria deursoek het. Volgens Matlala het die polisie daardie maand twee klopjagte uitgevoer en sy fone…
27 Aug 1AM 1 min