Die RMB BBU is 'n metafoor vir die lewe

Loading player...
Die vyfde jaarlikse RMB Brandberg Backyard Ultra het ten einde geloop ná 'n suksesvolle naweek by die Brandberg-ruskamp op Uis. André Ross het weer gewen en sodoende vir die vyfde keer die eerste plek behou. Die uithouwedloop het deelnemers uitgedaag om elke uur 'n roete van 6,706 kilometer te voltooi totdat slegs een hardloper oorbly. Deelnemers het 'n dagroete met 'n hoogteverskil van 81 meter aangedurf voordat hulle oorgeskakel het na 'n platter nagroete met 'n hoogteverskil van 64 meter. Angelique Peake van die geleentheid se hoofborg, RMB Namibia, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
20 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wêreldvoedseldag: Span inheemse kennis, ervaring van Namibiese boere in

Die adjunk-landbouminister, Ruthy Masake, sê innovasie in landbou moet voortbou op die inheemse kennis en ervaring van Namibiese boere. Tydens Wêreldvoedseldag het Masake beklemtoon dat tradisionele boerderykennis met moderne wetenskap en tegnologie gekombineer moet word, om praktiese, bekostigbare en volhoubare oplossings te ontwikkel wat geskik is vir die land se…
1 Nov 12AM 1 min

Watersport: Enjins brul op Oanob

Die enjins brul vandag op die Oanobdam brul wanneer nege spoedvrate die Lake Oanob Grand Prix-reeks aanpak. Francois Lottering van Kosmos 94.1 is daar en het met Gerhard van Geen van Suid-Afrika gesels, wat die beampte vir die dag is.
31 Oct 6AM 1 min

Aksieplan vir vennootskap tussen Rusland en Afrika

Die derde Rusland-Afrika-beraad het die Aksieplan van die Rusland-Afrika-vennootskapsforum vir 2027 tot 2029 aanvaar. Dit sal as raamwerk vir die implementering van samewerking oor die volgende drie jaar dien. Die beraad was bygewoon deur verteenwoordigers van 50 Afrika-lande en leiers van die vasteland se streeksintegrasie-organisasies. Kosmos 94.1 Nuus het met…
31 Oct 6AM 1 min

Aanklagte teen Johnson, Khan 'baie ernstig', sê Vervolgingsgesag

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die aanklagte teen die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, en die gewese adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, is baie ernstig. Die twee is Vrydag in die Pretoriase landdroshof borgtog van 10 000 rand elk toegestaan. Een van die ernstigste bewerings is ʼn…
31 Oct 4AM 1 min

Meningspeilings toon ANC-steun tuimel

Die nuutste meningspeilings voor Suid-Afrika se munisipale verkiesings toon 'n skerp daling in ANC-steun, wat dui op 'n toename in koalisieregerings op plaaslike vlak. Politieke ontleder Roland Henwood waarsku dat toenemende kiesersapatie 'n klein minderheid kan toelaat om die verkiesingsuitslag te bepaal, wat onstabiele koalisies en swak regering in gevaar…
31 Oct 3AM 1 min