
Laaste dag vir registrasie vir Skaap-indaba
Loading player...
Die LPO doen 'n beroep op skaapprodusente om deel te neem aan die Skaap-indaba wat die toekoms van die land se skaapbedryf kan beïnvloed. Produsente sal op 22 Julie in Mariental byeenkom om die vestiging van 'n produsentebesigheid binne die skaapwaardeketting en die potensiële ontwikkeling van 'n skaapuitvoerslagpale te oorweeg. Produsente word aangemoedig om vandag, op die laaste dag, te registreer om te help met beplanning. Gert Martins, voorsitter van die Namibië Landbou Unie se jongboerkomitee, is aan die woord:

