
Namfisa ondersoek beleggingsverliese van N$250m
Loading player...
Namfisa het 'n ondersoek begin nadat pensioenarisse en gesinne sowat 250 miljoen Namibiese dollar verloor het nadat die finansiële firma Wealth Management Solutions die fondse in die buiteland belê het. Woordvoerder Victoria Raimond het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namfisa nou onder Fima, wat op 1 Mei in werking getree het, breër magte het. Sy het die publiek versoek om te verseker dat enige finansiële tussenganger wat hulle gebruik, onder Fima geregistreer is.

