Die Oos-Kaapse regering sê tugprosesse is ingestel teen sowat 100 amptenare in Buffalo City oor onregmatige en ongemagtigde besteding. Die Nasionale Tesourie het 69 munisipaliteite in die land se Julie-befondsing weerhou. Dit sluit ses in die Oos-Kaap in: Buffalo City, Nelson Mandelabaai, Makana, Sondagsrivier-vallei, Inxuba Yethemba en Port St. Johns…
Daar is groot kommer oor die Midde-Oosterse konflik wat weer vlamgevat het, veral omdat dit moontlik erger kan wees as die konflik voor die skietstilstand in werking getree het. Olie is reeds 18 persent hoër as 'n week gelede en dit raak die brandstofprys. Professor André Duvenhage van Suid-Afrika is…
Die hoofkwartiere van die Cheetah Conservation Fund op Otjiwarongo is amptelik deur Indië se International Big Cat Alliance aangewys as 'n wêreldsentrum van uitnemendheid vir jagluiperdbewaring. Dit is ook 'n erkende sentrum van uitnemendheid vir hondsdolheid-bestryding deur die Global Alliance for Rabies Control. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Laurie…
Die LPO doen 'n beroep op skaapprodusente om deel te neem aan die Skaap-indaba wat die toekoms van die land se skaapbedryf kan beïnvloed. Produsente sal op 22 Julie in Mariental byeenkom om die vestiging van 'n produsentebesigheid binne die skaapwaardeketting en die potensiële ontwikkeling van 'n skaapuitvoerslagpale te oorweeg…
Namfisa het 'n ondersoek begin nadat pensioenarisse en gesinne sowat 250 miljoen Namibiese dollar verloor het nadat die finansiële firma Wealth Management Solutions die fondse in die buiteland belê het. Woordvoerder Victoria Raimond het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namfisa nou onder Fima, wat op 1 Mei in werking…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.