Besteding by Nsfas (in administrasie) verdedig

Loading player...
Die Ministerie van Hoër Onderwys en Opleiding sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se huidige administrasie maak gebruik van 'n meer vaartbelynde en kostedoeltreffende model vir tegniese ondersteuning as vorige bestuurstrukture. Die woordvoerder van die ministerie, Matshepo Seedat, sê vier spesialisadviseurs kos bykans 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar en is aangestel om te help om bestuur te herstel, finansiële beheer te versterk en dienste vir studente te verbeter. Seedat het bygevoeg die administrasie is steeds gefokus op die herbou van openbare vertroue in die skema:
15 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tugprosesse teen 100 in Buffalo City

Die Oos-Kaapse regering sê tugprosesse is ingestel teen sowat 100 amptenare in Buffalo City oor onregmatige en ongemagtigde besteding. Die Nasionale Tesourie het 69 munisipaliteite in die land se Julie-befondsing weerhou. Dit sluit ses in die Oos-Kaap in: Buffalo City, Nelson Mandelabaai, Makana, Sondagsrivier-vallei, Inxuba Yethemba en Port St. Johns…
15 Jul 6AM 1 min

Moontlik dat huidige konflik in Midde-Ooste kan vererger

Daar is groot kommer oor die Midde-Oosterse konflik wat weer vlamgevat het, veral omdat dit moontlik erger kan wees as die konflik voor die skietstilstand in werking getree het. Olie is reeds 18 persent hoër as 'n week gelede en dit raak die brandstofprys. Professor André Duvenhage van Suid-Afrika is…
15 Jul 6AM 1 min

Groot pluimpie vir CCF

Die hoofkwartiere van die Cheetah Conservation Fund op Otjiwarongo is amptelik deur Indië se International Big Cat Alliance aangewys as 'n wêreldsentrum van uitnemendheid vir jagluiperdbewaring. Dit is ook 'n erkende sentrum van uitnemendheid vir hondsdolheid-bestryding deur die Global Alliance for Rabies Control. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Laurie…
15 Jul 6AM 1 min

Laaste dag vir registrasie vir Skaap-indaba

Die LPO doen 'n beroep op skaapprodusente om deel te neem aan die Skaap-indaba wat die toekoms van die land se skaapbedryf kan beïnvloed. Produsente sal op 22 Julie in Mariental byeenkom om die vestiging van 'n produsentebesigheid binne die skaapwaardeketting en die potensiële ontwikkeling van 'n skaapuitvoerslagpale te oorweeg…
15 Jul 6AM 1 min

Namfisa ondersoek beleggingsverliese van N$250m

Namfisa het 'n ondersoek begin nadat pensioenarisse en gesinne sowat 250 miljoen Namibiese dollar verloor het nadat die finansiële firma Wealth Management Solutions die fondse in die buiteland belê het. Woordvoerder Victoria Raimond het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namfisa nou onder Fima, wat op 1 Mei in werking…
15 Jul 6AM 1 min