Kaapstad hou burgervergadering oor klimaat

Loading player...
Inwoners van Kaapstad word genooi om te registreer vir Suid-Afrika se eerste Burgervergadering oor Klimaat, waar 100 ewekansig-gekose deelnemers sal help om die stad se toekomstige vervoer- en klimaatbeleid te vorm. Die inisiatief, wat deur die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit Stellenbosch georganiseer word, is daarop gemik om aanbevelings te ontwikkel vir 'n bekostigbare, betroubare en lae-uitlaatgasvervoerstelsel. 'n Woordvoerder van die UWK se Navorsingsgroep vir Politiek en Stedelike Bestuur, Meshay Moses, sê registrasie sluit op 30 Julie:
15 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Die vyfde Backyard Ultra is die naweek

Namibië se 'marathon-power couple', Riana en Nico Scholtz se jaarlikse RMB Brandberg Backyard Ultra is terug die naweek op Uis. Dit is die vyfde uitgawe van die gewilde ultra-marathon en dit beloof om vet pret te wees – fiks of nie. Riana het meer.
15 Jul 5AM 1 min

Besteding by Nsfas (in administrasie) verdedig

Die Ministerie van Hoër Onderwys en Opleiding sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se huidige administrasie maak gebruik van 'n meer vaartbelynde en kostedoeltreffende model vir tegniese ondersteuning as vorige bestuurstrukture. Die woordvoerder van die ministerie, Matshepo Seedat, sê vier spesialisadviseurs kos bykans 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar…
15 Jul 5AM 1 min

Verkryging: SME's moet betrokke raak

Die finansministerie het tydens 'n inligtingsessie die belangrikheid van die beleid vir ontwikkeling en bemagtiging in openbare verkryging beklemtoon. Die ministerie beywer hom om SME's te bemagtig om deel te neem aan openbare verkryging. Pinehas Nsundano, die ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur vir verkryging, het bekendgemaak dat verkryging ter waarde van…
15 Jul 4AM 1 min

Trump dreig Iran om ooreenkoms te onderteken

Die Amerikaanse president Donald Trump het gedreig om Iranse kragsentrales en brûe volgende week aan te val indien Teheran nie 'n ooreenkoms sluit nie. Dit volg nadat die Amerikaanse weermag gister sy vierde agtereenvolgende dag van aanvalle op Iranse teikens en sy Golf-bondgenote, Koeweit en Bahrein, uitgevoer het. Teheran het…
15 Jul 3AM 1 min