
Verkryging: SME's moet betrokke raak
Loading player...
Die finansministerie het tydens 'n inligtingsessie die belangrikheid van die beleid vir ontwikkeling en bemagtiging in openbare verkryging beklemtoon. Die ministerie beywer hom om SME's te bemagtig om deel te neem aan openbare verkryging. Pinehas Nsundano, die ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur vir verkryging, het bekendgemaak dat verkryging ter waarde van 37 miljoen Namibiese dollar beskikbaar is, vir uniforms alleen.

