
Kommer oor internasionale maatskappy se rekord
Loading player...
ActionSA het 'n ondersoek van stapel gestuur na die multinasionale landbouchemiese onderneming UPL Suid-Afrika se beweerde infrastruktuurooreenkoms van 17 miljard Suid-Afrikaanse rand met Infrastructure South Africa. Die party is bekommerd oor die onderneming se omgewingsrekord en bewerings van politieke inmenging. Michael Beaumont van ActionSA sê 'n verklikker beweer 'n kabinetslid het amptenare opdrag gegee om nie stappe te doen teen UPL ná die chemiese storting in eThekwini in 2021 nie. Hy sê die party sal parlementêre en munisipale toesigmeganismes gebruik om die ooreenkoms te ondersoek:

