
Gana het vertroue in hof met Cyril se Artikel 89-aansoek
Loading player...
Die parlementêre Ampsklagkomitee se voorsitter, Makashule Gana, sê hy vertrou die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal toelaat dat die Artikel 89-ampsklagproses voortgaan ten spyte van president Cyril Ramaphosa se regsuitdaging. Die president wil hê die proses moet opgeskort word hangende die hersiening van die onafhanklike Artikel 89-paneel se verslag wat bevind het daar is ʼn prima facie-saak dat hy vrae oor die Phala Phala-kwessie moet antwoord. Gana, wat as die tweede respondent in die saak aangedui word, hou vol die Parlement het ʼn grondwetlike plig om voort te gaan:

