
Belanghebbendes vergader vandag oor Kunene-amok met Etosha-leeus
Loading player...
Kommunale boere in die Kunene-streek vra vir dringende ingryping na 'n toename in leeu-aanvalle op vee naby Etosha Nasionale Park. Boere in die dorpe Oromauua en Otjokavare, in die landelike kiesafdelings Sesfontein en Opuwo, sê hulle het sedert Januarie vanjaar sowat 40 beeste en meer as 100 bokke en skape aan leeus verloor. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende lid van die Otjikaambuti Boerevereniging, German Kavetu-Muzuma, gepraat wat sê belanghebbendes vergader vandag om 'n blywende oplossing te probeer vind.

