Inbraak by Limpopo-wetgewer lig wenkbroue

Loading player...
Die United Africans Transformation vra 'n onafhanklike ondersoek na 'n verdagte inbraak by Limpopo se wetgewer. Die partylid Mighty Mabule sê die voorval wek ernstige kommer oor die veiligheid van openbare instellings en die moontlikheid dat belangrike bewyse aangetas kon wees. Hy vra die owerhede om 'n deursigtige ondersoek te verseker, die skuldiges aanspreeklik te hou en die openbare vertroue in die integriteit en veiligheid van die wetgewer te herstel:
14 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

EU bewillig miljarde aan Gaza

Die Europese Unie het sy internasionale ondersteuning vir Palestyne verskerp met die bekendstelling van die “Team Gaza Initiative”. Spanje, Frankryk, Denemarke, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Noorweë, Finland, Italië, Nederland, Japan, Switserland, Swede, België, die Wêreldbank en die Europese Beleggingsbank is deel van die veldtog. Minstens 73 000 Palestyne is volgens…
15 Jul 12AM 1 min

Gana het vertroue in hof met Cyril se Artikel 89-aansoek

Die parlementêre Ampsklagkomitee se voorsitter, Makashule Gana, sê hy vertrou die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal toelaat dat die Artikel 89-ampsklagproses voortgaan ten spyte van president Cyril Ramaphosa se regsuitdaging. Die president wil hê die proses moet opgeskort word hangende die hersiening van die onafhanklike Artikel 89-paneel se verslag wat bevind het…
15 Jul 12AM 1 min

Klimaatsverandering het reuse impak op versekeringskostes

Die groeiende impak van klimaatsverandering hervorm die versekeringsektor, met versekeraars wat groter onsekerheid in die gesig staar namate ekstreme weerpatrone meer gereeld voorkom. Old Mutual Namibia se onderskrywings- en herversekeringsbestuurder, Sesilia Nkoshi, sê die verskuiwing beïnvloed alles van onderskrywing en prysbepaling tot herversekeringskoste en polisstrukture. Nkoshi sê duideliker kommunikasie met…
15 Jul 12AM 1 min

Belanghebbendes vergader vandag oor Kunene-amok met Etosha-leeus

Kommunale boere in die Kunene-streek vra vir dringende ingryping na 'n toename in leeu-aanvalle op vee naby Etosha Nasionale Park. Boere in die dorpe Oromauua en Otjokavare, in die landelike kiesafdelings Sesfontein en Opuwo, sê hulle het sedert Januarie vanjaar sowat 40 beeste en meer as 100 bokke en skape…
15 Jul 12AM 1 min

Brandstof, en inflasie, sal styg

Wêreldwye oliepryse styg weer namate hernude konflik in die Midde-Ooste die energiemarkte ontstel. Nadat gevegte hervat het, met gerapporteerde aanvalle in die Straat van Hormuz en Amerikaanse vergelding, hang Brent-ru-olie weer rondom 85 Amerikaanse dollar per vat rond. Vir Namibië kon die tydsberekening nie slegter wees nie, net nadat motoriste…
15 Jul 12AM 1 min