Trump soek 20% tolgeld vir veilige deurvaart in Straat van Hormuz

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het op Truth Social gesê dat die Iranse blokkade weer ingestel word en dat die Straat van Hormuz oop is, en oop sal bly met of sonder Iran. Volgens hom sal Amerika van nou af as die bewaker van die Straat van Hormuz bekendstaan, en dat die VSA met onmiddellike ingang 'n 20 persent fooi hef op alle vrag wat deur die seestraat vervoer word. Hy sê dit is vir regverdigheid, en vir enige en alle koste wat nodig is om sekuriteit en veiligheid in die streek te verskaf. Trump het net voor sy plasing met Fox News gepraat:
13 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kommer oor Recon wat boorwerk wil uitbrei

Die Kapinga Kamwalye-bewarea in Kavango-Oos het kommer uitgespreek oor die planne van ReconAfrica om sy eksplorasie-voetspoor oor 20 bykomende areas uit te brei. Bewaringsbestuurder Thomas Muronga sê dat enige uitbreiding werklike konsultasie, volle wetlike nakoming en onafhanklike impakstudies moet insluit. Muronga sê dat vorige aktiwiteite plaaslike lewensbestaan en die omgewing…
27 Aug 6AM 1 min

Groot beloftes rakende plaaslike inhoud, deursigtigheid in olie

Myne-minister Modestus Amutse, sê dat Namibië se Oranje-bekken verder as aanvanklike eksplorasie na die ontwikkelingsfase op see beweeg. Amutse het by die Offshore Northern Seas-program in Noorweë gepraat en beklemtoon dat ontwikkelingskonsepte vir die Venus-veld 160 000 vate per dag teiken, met TotalEnergies wat na sy finale beleggingsbesluite beweeg. Hy…
27 Aug 6AM 1 min

Cran ondersoek ook beskermende maatreëls vir kinders op sosiale media

Tieners en sosiale media is in die nuus sedert Australië se verbod op sosiale media vir kinders onder 16 en ander lande wat ook die opsie ondersoek. Meta het ook intussen in Kalifornië geskik in ‘n saak waar hy daarvan beskuldig was dat sy platforms verslawend is vir kinders. In…
27 Aug 6AM 1 min

Dagga, aborsiepille, nyaope by Gautengskole gevind

Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê 17 skole is tydens polisie-geleide soek-en-beslagleggingsoperasies deursoek. Die doel is om dwelms, wapens en ander verbode items uit skole te verwyder. Vyf skole is gister besoek: Baleseng Junior Secondary School, Tiyelelani Secondary School, Ngaka Maseko Secondary School, Holy Trinity Secondary School en…
27 Aug 5AM 1 min