Die wet en veldbrande

Loading player...
Namibiese wette laat toe dat 'n persoon wat nalatig is en 'n veldbrand veroorsaak aanspreeklik gehou kan word en selfs krimineel aangekla kan word. Met die droë seisoen in volle swang het brande reeds kop uitgesteek. Die Namibiese Landbou-unie het gesprekke gevoer met boereverenigings oor die regsimplikasies van veldbrande. Johann du Plessis, van die regsfirma Theunissen Louw and Partners sê verskeie kwessies is bespreek.
13 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump maak ommekeer oor 20% tolfooi

Amerikaanse president Donald Trump het sy dreigement van 'n 20 persent fooi op alle Straat van Hormuz-vragverskeping omgekeer. Hy het gesê die tol sal vervang word deur handels- en beleggingsooreenkomste met Golfstate, net ure voordat die VSA 'n blokkade van Iranse hawens hervat het. Trump het Dinsdag in die Oval…
14 Jul 11PM 1 min

Inbraak by Limpopo-wetgewer lig wenkbroue

Die United Africans Transformation vra 'n onafhanklike ondersoek na 'n verdagte inbraak by Limpopo se wetgewer. Die partylid Mighty Mabule sê die voorval wek ernstige kommer oor die veiligheid van openbare instellings en die moontlikheid dat belangrike bewyse aangetas kon wees. Hy vra die owerhede om 'n deursigtige ondersoek te…
14 Jul 11PM 1 min

DA hof toe na Tshwane-speaker glo met stemme lol

Die DA het die Hooggeregshof dringend genader nadat Tshwane se raad stadsbestuurder Johann Mettler geskors en besluit het bewerings teen die finansiële hoof, Gareth Mnisi, is minder ernstig. Woordvoerder Cilliers Brink beweer die speaker het die uitslag van die stemming onregmatig verdraai deur stemme af te trek om die ANC…
14 Jul 11AM 1 min

Namibië kan by Viëtnam leer oor voedselsekerheid

Namibië het te kampe met voedseltekorte en wanvoeding reg oor die land. Die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië se senior voedingskundige, Carmen Letlhagoje, het in April Viëtnam besoek om sekere praktyke daar waar te neem, spesifiek voedingkundige veldtogte. Kosmos 94.1 Nuus het met Letlhagoje gepraat oor wat Namibië kan doen…
14 Jul 11AM 1 min