Trump vaar weer uit teen Navo

Loading player...
President Donald Trump van Amerika het weereens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gekritiseer omdat die organisasie nie Amerika met sy oorlog teen Iran help nie. Trump woon tans Navo se jaarlikse beraad in Ankara, Turkye, by. Hy dreig om Amerikaanse soldate aan Europa te onttrek. Trump sê hy is baie teleurgesteld in Navo:
8 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bosa stel burgers eerste: Maimane

Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê die party se verkiesingsveldtog is vereenvoudig, professioneel georganiseer en bied kiesers landwyd geloofwaardige kandidate. Bosa gaan in die November-verkiesing met 794 kandidate in 24 munisipaliteite in vyf provinsies deelneem. Die meeste van sy kandidaatlyste is in Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Kaapstad en…
27 Aug 8AM 1 min

Stad Windhoek verduidelik oor Matyayi se reise

Stad Windhoek het sy uitvoerende hoof, Moses Matyayi, verdedig nadat raadslede kommer uitgespreek het oor internasionale reiskoste, insluitend 'n reis van 300 000 Namibiese dollar na Harvard-universiteit in Amerika. In 'n brief aan die Stedelike Ontwikkeling-minister het raadslede die besteding bevraagteken, maar stadswoordvoerder Lydia Amutenya hou vol dat alle amptelike…
27 Aug 8AM 1 min

Staat se plig om Harry en Meghan te beskerm

Terwyl prins Harry en Meghan Markle na die Verenigde Koninkryk terugkeer, is daar steeds geen duidelikheid oor hulle sekuriteitsreëlings nie. Staatsbeskerming is gestaak na die twee amptelik uitgetree het uit hulle koninklike verpligtinge en die saak het ook al in die hof gedraai. Maar, voormalige senior koninklike beskermingsbeampte Scott Hamer…
27 Aug 6AM 1 min

Johannesburg is 200 miljoen liter water daagliks oor voorsieningsteiken

Johannesburg Water sê die Stad gebruik sowat 200-megaliter, of 200 miljoen liter, meer water per dag as sy voorsieningsteiken, wat druk op die stelsel plaas. In 'n onderhoud met eNCA sê bestuurder Gugulethu Quma die daaglikse vraag is gemiddeld tussen 1 700 en 1 750-megaliter teenoor 'n teiken van 1…
27 Aug 6AM 1 min