Gaza-kinders ken net oorlog en verlies: Unicef

Loading player...
Die Verenigde Nasies se kinderfonds, Unicef, sê kinders betaal steeds die hoogste prys in Israel se oorlog in Gaza wat reeds langer as 'n duisend dae voortwoed. Die dodetal het 73 098 bereik sedert dit in Oktober 2023 losgebars het. Verslae dui aan meer as 60 000 kinders is dood of beseer. Unicef se woordvoerder, Louise Wateridge, sê kinders is dood, ontwortel en ontneem van noodsaaklikhede om te kan oorleef, groei en herstel:
7 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bosa stel burgers eerste: Maimane

Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê die party se verkiesingsveldtog is vereenvoudig, professioneel georganiseer en bied kiesers landwyd geloofwaardige kandidate. Bosa gaan in die November-verkiesing met 794 kandidate in 24 munisipaliteite in vyf provinsies deelneem. Die meeste van sy kandidaatlyste is in Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Kaapstad en…
27 Aug 8AM 1 min

Stad Windhoek verduidelik oor Matyayi se reise

Stad Windhoek het sy uitvoerende hoof, Moses Matyayi, verdedig nadat raadslede kommer uitgespreek het oor internasionale reiskoste, insluitend 'n reis van 300 000 Namibiese dollar na Harvard-universiteit in Amerika. In 'n brief aan die Stedelike Ontwikkeling-minister het raadslede die besteding bevraagteken, maar stadswoordvoerder Lydia Amutenya hou vol dat alle amptelike…
27 Aug 8AM 1 min

Staat se plig om Harry en Meghan te beskerm

Terwyl prins Harry en Meghan Markle na die Verenigde Koninkryk terugkeer, is daar steeds geen duidelikheid oor hulle sekuriteitsreëlings nie. Staatsbeskerming is gestaak na die twee amptelik uitgetree het uit hulle koninklike verpligtinge en die saak het ook al in die hof gedraai. Maar, voormalige senior koninklike beskermingsbeampte Scott Hamer…
27 Aug 6AM 1 min

Johannesburg is 200 miljoen liter water daagliks oor voorsieningsteiken

Johannesburg Water sê die Stad gebruik sowat 200-megaliter, of 200 miljoen liter, meer water per dag as sy voorsieningsteiken, wat druk op die stelsel plaas. In 'n onderhoud met eNCA sê bestuurder Gugulethu Quma die daaglikse vraag is gemiddeld tussen 1 700 en 1 750-megaliter teenoor 'n teiken van 1…
27 Aug 6AM 1 min